English

Die FW de Klerk Stigting bevorder die presidensiёle nalatenskap van FW de Klerk.

Aktuele Kwessies
Stigting Aktiwiteite
Wat doen FW?

FW de Klerk Stigting

Alle state het `n bona fide plig om werklike sensitiewe staatsinligting te beskerm.  Ter illustrasie hiervan sal die benadering in die Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting gevolglik vergelyk word met die bepalings in die Uitvoerende Wetgewing oor Geklassifiseerde Nasionale Sekuriteitsinligting, wat in Desember verlede jaar deur President Obama proklameer is.  Lees meer...

In George Orwell se ‘1984’ is ‘dubbeldink’ die vermoë om ter selfde tyd twee teenstrydige opinies oor dieselfde onderwerp te hê.  Orwell het dit as volg gestel: “to repudiate morality while laying claim to it, to believe that democracy was impossible and that the Party was the guardian of democracy.”  Dit wil voorkom asof ‘dubbeldink’ die skrywers se ingesteldheid was toe hulle die Wetsontwerp op die Beskerming van Inligting, wat tans voor die Parlement dien.  Lees meer...

Op ‘n vraag oor wat hy te sê het aan Afrikaners wat ongelukkig is dat Bafana “nie verteenwoordigend van die hele land is nie,” het Floyd Shivambu - woordvoerder van die ANC Jeugliga - geantwoord: “Hulle is mal. Geheel en al.”  Hy het gevra wie dan al ooit ‘n “Afrikaner gesien het wat gekies kan word om vir Bafana te speel“.  Mnr Shivambu het ‘n punt beet: spanne behoort op meriete - en nie volgens ras nie - gekies te word.  Lees meer...

Sentrum vir Grondwetlike Regte

Jy kan nou ook die F W de Klerk Stigting volg op Facebook en Twitter

Die elektroniese weergawe van die Stigting se studie oor die Toekoms van Afrikaans op Universiteitsvlak is beskikbaar.  Kliek op die prentjie om dit af te laai.

Woensdag, 26 Augustus, het die Stigting `n studie bekendgestel oor die Toekoms van Afrikaans op Universiteitsvlak, tydens `n ete wat gehou is in samewerking met die Afrikaanse Taalraad se konferensie oor Onderwys. Die studie is befonds deur die Dagbreek Trust.  Om verder te lees kliek hier.

Die F W de Klerk Stigting het `n boek van 104 bladsye saamgestel ter viering van die 20ste herdenking van Suid-Afrika se transformasie na `n nie-rassige grondwetlike demokrasie.  Kliek op die foto vir meer inligting...

Ter oordenking van die 100 jaar sedert Uniewording – toe Suid-Afrika op 31 Mei 1910 tot stand gekom het – bied die FW de Klerk Stigting, LitNet en Beeld gesamentlik van 28 Mei tot 29 Augustus ’n artikelkompetisie aan. Alle inskrywings word deurlopend op ’n spesiale LitNet-blog gepubliseer en wenartikels word tweeweekliks in Beeld geplaas.  Kliek hier vir meer informasie oor die kompetisie...

F W de Klerk het op 2 September `n toespraak gelewer by Herzlia Skool, oor Demografiese Verteenwoordiging en Kulturele Hegemonisme Lees meer....

Op 30 Augustus 2010 het F W de Klerk `n toespraak gelewer by die Hoofde-Simposium van die SAOU, getiteld 'Onderwys in Suid-Afrika: Is ons op koers?'.  Kliek asb hier vir die toespraak.

Die jongste uitgawe van Consensus is nou elektronies beskikbaar.  Kliek asb op die foto om dit af te laai...

Vir F W de Klerk se opmerkings tydens die KidsRights Konferensie oor die Millenium Ontwikkelingsdoelwitte en Kinders, kliek asb hier.  U kan sy toespraak oor Wat Versoening Suid-Afrika gedurende die afgelope 20 jaar geleer het, hier vind.  Vir sy  toespraak oor Voedselsekuriteit, gelewer by die Global Forum, Kaapstad, volg hierdie skakel...

Kliek hier vir F W de Klerk se toespraak wat hy gelewer het tydens die konferensie oor "The Challenges to Leadership and Governance: Creating Value During Turbulant Times" in New York op 29 April 2010.