linked inyoutube

facebookicon-twitter-32x32

 

Internprogram

Die FW de Klerk Stigting is jaarliks die gasheer van interne van Suid-Afrika en uit die buiteland. Die Stigting het ’n lang verhouding met die Women World Leaders se Graduate Leaders Programme, ’n netwerk van huidige en voormalige vroulike eerste ministers en presidente. Deur hierdie program word gegradueerde studente by hoëvlak-beleidsorganisasies en -ministeries geplaas - met inbegrip van die FW de Klerk Stigting - ten einde unieke blootstelling te kry van merkwaardige leierskaps- en geslagsverwante beleide. Die Stigting was ook gasheer van studente van die Harvard Kennedy-skool, sowel as individue wat die Stigting nader in hul persoonlike hoedanigheid.

Gedurende hul internskap by die FW de Klerk Stigting word interne die geleentheid gegee om navorsing te doen en ’n dokument te skryf oor ’n onderwerp wat hulle interesseer. Daar word ook van interne verwag om artikels te skryf wat geskik is vir publikasie en gebaseer is op aangeleenthede wat betrekking het op die werk van die Stigting en sy Sentrum vir Grondwetlike Regte.

Ander geskeduleerde aktiwiteite sluit in besoeke aan die Parlement, een deelname aan die Stigting se aktiwiteite, soos gemeenskapsdiens op Mandeladag, en bystand met en die bywoning van konferensies en geleenthede wat deur die Stigting aangebied word.

Vir meer inligting, of om navraag te doen oor internskappe, skakel +27 21 930 3622, of stuur ’n e-pos aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..

 

Huidige Interne

Vincent opt

BA: Politieke Wetenskap en Geskiedenis, Universiteit van Miami, Verenigde State (2014-2018)

My belangstelling in die Suid-Afrikaanse politieke landskap het eers na vore gekom nadat ek tydens my semester aan die Universiteit van Kaapstad koerante gelees het. Gretig om myself verder daarin te verdiep, het ek begin met 'n navorsingsgeoriënteerde internskap wat my in staat stel om meer te leer oor die land se politieke stelsel, terwyl ek ook my belangstelling in die staatsreg najaag. Die FW de Klerk Stigting, met sy missie om die Grondwet en die Oppergesag van die Reg te handhaaf, was ideaal hiervoor.

Tydens my internskap het my navorsing gefokus op die voortgesette debat oor grondhervorming en die moontlikheid van onteiening sonder vergoeding. Die ervaring het ongetwyfeld my navorsingsvermoë verbeter en het my baie meer bewus gemaak van die uitdagings wat Suid-Afrika en ander jong demokrasieë in die gesig staar. Ek hoop om hierdie kennis te gebruik om 'n positiewe bydrae te lewer tot die stigting se pogings om doeltreffende bestuur te bevorder. "

Vincent voltooi tans sy finale jaar van sy voorgraadse studie aan die Universiteit van Miami in Coral Gables, Florida.


Voormalige Interne

Kontak Ons

phone

FOON: +27 (0) 21 930 36 22
FAKS: +27 (0) 21 930 38 98

email E-POS: 
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
address FISIESE ADRES:
Zeezicht-gebou, Tygerberg Park, 
Uys Krige-rylaan 163, Plattekloof, 
Kaapstad, 7500, Suid-Afrika
  POSADRES: 
Posbus 15785, Panorama, 7506, Suid-Afrika

Jongste Tweets

FWdeKlerkFoun [READ] Latest article by CUD Director, Ms Zohra Dawood "Rwanda Remembers" #PostConflict #SocialTransformation https://t.co/ay3ymbMMhc
FWdeKlerkFoun [READ] Executive Director, Theuns Eloff, asks: "What went wrong with #LandReform over the past 24 years?"… https://t.co/VM6Z6P1tPT

Teken in op ons Nuusbrief

Newsletter

Bly op hoogte van ontwikkelinge wat die Grondwet kan affekteer, met inbegrip van konsepwetgewing.