linked inyoutube

facebookicon-twitter-32x32

 

Steun aan Liefdadigheidsorganisasies

Die FW de Klerk Stigting is ’n nie-winsgewende organisasie wat alleenlik deur private skenkings deur die publiek en maatskappye gefinansier word. Die Stigting het ’n klein operasionele begroting en is dus nie in staat om ander organisasies of projekte te finansier nie. Ons ontvang egter van tyd tot tyd skenkings van buitelandse organisasies vir die verspreiding daarvan aan kinderorganisasies.

Die Stigting finansier nié die volgende nie:

  • Individue (bystand vir mediese sorg, studies, beurse ens)
  • Konferensies, seminare of simposiums, of die reis of bywoning van sodanige geleenthede nie
  • Fondsinsamelingsgeleenthede (ontbyte, aandetes, ens)

Gedurende die afgelope vyf jaar het die Stigting meer as R2 miljoen na die volgende liefdadigheidsorganisasies gekanaliseer:

logo-alta-du-toit

Alta du Toit-skool

Die skenk van ’n skoolbus om kinders met intellektuele gestremdhede tussen hul huise en die skool te vervoer.

infowww.altadutoit.com


Autism Western Cape (logo)

Outisme Wes-Kaap:

Nuwe fasiliteite en opleidingstoerusting vir outistiese kinders in die Wes-Kaap.

infowww.autismwesterncape.org.za


logo-national institute for the deaf

Nasionale Instituut vir die Dowes

Spesiale loopbaanopleiding vir jong dowe volwassenes in die Wes-Kaap. 

infowww.nid.org.za


logo-studietrust

Studietrust

Beurse aan benadeelde kinders en naskoolse opleiding vir begaafde kinders in Limpopo.

infowww.studietrust.org.za


logo-vista-nova

Vista Nova-skool

Beurse aan benadeelde kinders om spesiale onderrig te ontvang.

infowww.vistanova.co.za


logo-woodside-special-care-centre

Woodside Spesiale Sorgsentrum

Die aanneming van kinders met ernstige verstandelike gestremdhede, wat geen families het wat hulle ondersteun nie.

infowww.woodside.org.za


logo kaleidoscope

Kaleidoscope SA

Verskaffing van spesiale toerusting ten einde mense wat gedeeltelik siende mense help om te kan lees.

infowww.kaleidoscopesa.org


logo cmrn

Christelik-Maatskaplike Raad Noord

Kinder beskermingsprogram.

infowww.cmrn.co.za


logo lifechoicesSalesian Life Choices

Jeugontwikkeling, insluitend leierskap opleiding en akademiese onderrig.

info www.lifechoices.co.za


Die FW de Klerk Stigting se Internasionale Skenkersprogram

Elita-de-Klerk-with-ChildrenDie FW de Klerk Stigting se Internasionale Skenkersprogram

Die Ondersteuningsprogram vir Skenkers is tot stand gebring ten einde ’n handige diens aan vriende van Suid-Afrika wil lewer wat die land wil help om sommige van die grootste probleme aan te pak. Die Stigting help internasionale skenkers deur NROs uit te wys wat bewese rekords het, deur met agentskappe wat projekte in werking stel te onderhandel en om betalings te kanaliseer. Skenkers ontvang gereelde vorderingsverslae en die Stigting hef nie fooie vir hierdie dienste nie.

Elita de Klerk, Trustee en vrou van voormalige president FW de Klerk, is die beskermheer van die FW de Klerk Stigting se internasionale Skenkersprogram.

Vir meer inligting, of om ’n skenking te maak, kontak ons by +27 21 930 3622, of stuur ’n e-pos aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. 

 

 

 

Kontak Ons

phone

FOON: +27 (0) 21 930 36 22
FAKS: +27 (0) 21 930 38 98

email E-POS: 
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
address FISIESE ADRES:
Zeezicht-gebou, Tygerberg Park, 
Uys Krige-rylaan 163, Plattekloof, 
Kaapstad, 7500, Suid-Afrika
  POSADRES: 
Posbus 15785, Panorama, 7506, Suid-Afrika

Jongste Tweets

FWdeKlerkFoun [READ] Article by #CUD Director, Ms Zohra Dawood "A Heritage Under Strain" https://t.co/KmKRJfQfiN #HeritageDay2017 https://t.co/gGLThbv5TL
FWdeKlerkFoun RT @theCFCR: Thank you to all the guests and delegates at today's @SaUbuntu @theCFCR #Engen @MatshiqiAubrey Networking Breakfast https://t.…

Teken in op ons Nuusbrief

Newsletter

Bly op hoogte van ontwikkelinge wat die Grondwet kan affekteer, met inbegrip van konsepwetgewing.