linked inyoutube

facebookicon-twitter-32x32

 

Wêreldspitsberaad van Nobelvredespryswenners

Die geskiedenis van die Wêreldspitsberaad van Nobelvredespryswenners dateer terug na 1999, die jaar waarin die eerste Spitsberaad in Rome gehou is op inisiatief van die Gorbatsjof-stigting, ’n internasionale NRO wat deur die voormalige leier van die USSR gestig is. Sedertdien het die Spitsberaad in ’n belangrike forum geword waar idees uitgeruil word en ’n geleentheid wat internasionale veldtogte en inisiatiewe vir vrede bevorder, en wat ook konkrete voorstelle ontwikkel om die planeet se behoefte aan ’n wêreld sonder geweld aan te pak.

Die Spitsberaad word jaarliks bygewoon deur Nobelvredespryswenners en belangrike internasionale figure wat aktief is op maatskaplike, wetenskaplike en kulturele gebiede. Voorbeelde van die onderwerpe wat tydens die Spitsberade bespreek word sluit in: uiterste armoede wat deur ’n gedeelte van die internasionale bevolking ervaar word, probleme met die bestuur van waterbronne, die rol van etiek in politiese en ekonomiese ondernemings en die interkulturele integrasie van mense.

Die Nobelvredespryswenners kom elke jaar bymekaar om saam te werk aan ’n finale verklaring, wat teen die einde van die Spitsberaad beskikbaar gestel word. Lees die vorige Finale Verklarings: 

Suid-Afrika is die tuiste van vier Nobelvredespryswenners: Hoofman Albert Luthuli (1960), Aartsbiskop Desmond Tutu (1984), voormalige President Nelson Mandela (1993) en voormalige President FW de Klerk (1993). 

Lees meer oor die Spitsberaad en die Permanente Sekretariaat van die Wêreldspitsberaad van Nobelvredespryswenners.