Komende Geleenthede
JAARLIKSE KONFERENSIE 2018
Die FW de Klerk Stigting bied jaarliks ‘n konferensie op 2 Februarie in Kaapstad aan, om saam te val met die aankondiging in die Parlement in 1990 van Nelson Mandela en ander gevangenes se vrylating en die ontbanning van verskeie organisasies.
Elke jaar pak die konferensie ‘n aktuele tema aan, met insette van ‘n wye verskeidenheid invloedryke sprekers. Vorige sprekers sluit in voormalige President Kgalema Motlanthe, Regter Albie Sachs, dr Mathews Phosa, me Rhoda Kadalie, prof Frans Viljoen, mnr Sipho Pityana, adv Jeremy Gauntlett, mnr Johann Rupert en voormalige President FW de Klerk.
Tema vir 2018: “Suid-Afrika Anderkant Staatskaping en Korrupsie”
Datum: Vrydag, 2 Februarie 2018
Tyd: 08h30 vir 09h30 - 16h20
Plek: Cape Town Marriott Hotel Crystal Towers, Kaapstad
Koste: Gratis
Sprekers vir 2018 sluit in:
- Voormalige President FW de Klerk
- Dr Frans Cronje
- Mnr Pravin Gordhan
- Adv Thuli Madonsela
RSVP: AANLYN teen 26 Januarie 2018