linked inyoutube

facebookicon-twitter-32x32

 

Gereelde Vrae

Oor die Stigting
Donasies & Stigtings
Voormalige President FW de Klerk


Oor die Stigting

Waar kan ek meer inligting oor die FW de Klerk Stigting of ’n spesifieke inisiatief bekom?

Die webwerf is die beste bron van inligting oor die Stigting; jy kan ook ’n volledige PDF-afskrif van ons jongste jaarverslag aflaai. Indien jy ’n spesifieke vraag het nadat jy die webwerf deurgegaan het, stuur asb jou vraag aan ons by wyse van die kontakvorm.

Hoe kan ek my kontakinligting verander?

Jy kan jou kontakinligting verander deur die FW de Klerk Stigting via die kontakvorm in kennis te stel.

Watter soort werk doen die Stigting?

Die Stigting bevorder en beskerm FW de Klerk se presidensiële nalatenskap deur dié dinge te steun waarvoor hy gedurende sy presidensie gewerk het. Lees meer oor ons missie en aktiwiteite.


Back to top

Donasies en Skenkings

Is dit veilig om skenkings aan die FW de Klerk Stigting aanlyn te doen?

Ja. Skenkings aanlyn word deur PayFast bestuur. Lees meer oor hul sekuriteitsmaatreëls.

Sal ek ’n kwitansie vir my skenking ontvang wat gebruik kan word wanneer ek my belastingopgawes indien?

Ja. Jy sal ’n kwitansie in die pos ontvang vir elke bydrae wat jy aan die Stigting maak - hetsy ’n skenking wat deur die pos of aanlyn gemaak is. Hierdie kwitansie kan gebruik word wanneer jy jou belastingopgawes indien.

Is my skenking belastingaftrekbaar?

Ja. Skenkings aan die Stigting is belastingaftrekbaar, ingevolge artikel 18A van die Inkomstebelastingwet, No 58 van 1962.

Kan ek ’n erfporsie aan die Stigting bemaak?

Ja. Erfporsies word verwelkom. Meer inligting oor hoe om ’n erfporsie te bemaak- en om ander soort skenkings te doen - kan op ons ‘skenkings’-blad verkry word. Alternatiewelik kan jy jou besonderhede vir ons stuur via die kontakvorm, en ons sal jou kontak.

Staan die Stigting beurse en toelae toe?

Die FW de Klerk Stigting is nie ’n organisasie wat toelae toestaan nie, en ken nie toelae, beurse of fondse toe aan organisasies van buite of individue vir hul projekte nie. Ons kanaliseer wel van tyd tot tyd geld namens buitelandse skenkers. Lees meer oor die Internasionale Ondersteuningsprogram vir Skenkers.


Back to top

Voormalige President FW de Klerk

Hoe kan ek korrespondensie aan voormalige President FW de Klerk stuur?

Jy kan korrespondensie aan mnr De Klerk stuur deur ons kontakvorm, of jy kan ’n brief aan hom stuur na die volgende adres: 

Voormalige President FW de Klerk
Posbus 15785
Panorama
Suid-Afrika
7506

My kind benodig inligting oor voormalige president FW de Klerk vir ’n skoolprojek. Kan julle help?

Ons webwerf bied agtergrondinligting oor FW de Klerk, sowel as ’n argief van historiese foto’s. Indien jy verdere inligting benodig, stuur asb jou versoek aan ons via die kontakvorm.

Hoe bekom ek ’n afskrif van ’n foto wat saam met voormalige president FW de Klerk geneem is?

Indien die geleentheid deur ’n ander organisasie aangebied is, sal jy daardie organisasie moet kontak. Indien die organisasie deur die Stigting aangebied is, stuur asb jou versoek aan ons deur die kontakvorm.


Back to top

 

Kontak Ons

phone

FOON: +27 (0) 21 930 36 22
FAKS: +27 (0) 21 930 38 98

email E-POS: 
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
address FISIESE ADRES:
Zeezicht-gebou, Tygerberg Park, 
Uys Krige-rylaan 163, Plattekloof, 
Kaapstad, 7500, Suid-Afrika
  POSADRES: 
Posbus 15785, Panorama, 7506, Suid-Afrika

Jongste Tweets

FWdeKlerkFoun [READ] Latest article "Over to you, Deputy President… Or Resistance and Capture in SA Politics"… https://t.co/b2F7WSXp95
FWdeKlerkFoun RT @theCFCR: What is there to celebrate for the continent, this #AfricaDay2017? [READ] our take: https://t.co/Qoh3EUMtP1

Teken in op ons Nuusbrief

Newsletter

Bly op hoogte van ontwikkelinge wat die Grondwet kan affekteer, met inbegrip van konsepwetgewing.