linked inyoutube

facebookicon-twitter-32x32

 

ARTIKEL: VERSOENINGSDAG 2016

sa concourt flag foterVersoeningsdag is ietwat van ‘n laatkommer wat betref die reeks openbare vakansiedae in die nuwe Suid-Afrika wat beding en op ooreengekom is. Die eerste viering het op 16 Desember 1995 plaasgevind en is daargestel as ‘n manier om twee verskillende geskiedenisse te erken en bevestig - eerstens die Slag van Bloedrivier in 1838, aanvanklik bekend as Dingaansdag, en wat daarna as Geloftedag bekendgestaan het. Die tweede groot geleentheid op dieselfde dag in 1961 was die stigting van Umkhonto we Sizwe, die gewapende vleuel van die ANC.

Terwyl hierdie gewigtige hoofstukke in die geskiedenis van Suid-Afrika kragtige reaksies ontlok, is dit hoofsaaklik danksy die wil van alle Suid-Afrikaners, sedert die vroeë 1990s, om saam vorentoe te beweeg en versoening en nasionale eenheid te aanvaar en bevorder wat aan die kern is van wat nou bekend staan as Versoeningsdag.

Dit is ‘n dag waarop oorweging geskenk kan word aan die aanhef van die Grondwet, waarvan die inleidende sin lui: ‘Ons, die mense van Suid-Afrika’, en wat afsluit in verskeie nasionale tale met ‘Mag God ons mense beskerm’. Die klem op die handhawing van kollektiewe bestuur, verenig in ons diversiteit, vir ‘n land wat herstel van ‘n pynlike verlede, getuig van ‘n verbintenis deur alle partye wat deel was van die proses van onderhandelings in die vroeë 1990s dat Suid-Afrika sy karakter as ‘n multikulturele, veelrassige en verdraagsame samelewing koester, met getrouheid aan een nasie en een land.         

Die taak van nasiebou en versoening is ‘n reis wat Suid-Afrikaners steeds trotseer, soms met terugslae, maar meestal in die omhelsing van die waardes en bepalings van die Grondwet en die Handves van Regte wat die regte van alle mense in die land verskans en wat die demokratiese waardes van menswaardigheid, gelykheid en Vryheid bevestig.   

Die Grondwet bied die versekering, deur sy beskermingsmaatreëls, vir Suid-Afrikaners om betrokke te raak by groot en klein aangeleenthede - van menings en regstappe betreffende optrede deur die uitvoerende gesag, tot die ondersoek na en analise van Suid-Afrika se rol en plek in die internasionale gemeenskap, tot die aanpak van wandade deur staatsamptenare, tot die stem met ons voete tydens plaaslike en nasionale verkiesings.

Dit alles is die verpersoonliking van die Suid-Afrikaanse reis en wat sal uitloop op ‘n Versoeningsdag op 16 Desember 2016, wat ons saambind met betrekking tot wat dit beteken om Suid-Afrikaans te wees en meer belangrik, hoe ons gesamentlik die toekoms wil vorm sodat daaropvolgende geslagte kan bou op ‘n ryk nalatenskap van deernis, vertroue en respek.   

Zohra Dawood: Direkteur, Sentrum vir Eenheid in Diversiteit 

Kontak Ons

phone

FOON: +27 (0) 21 930 36 22
FAKS: +27 (0) 21 930 38 98

email E-POS: 
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
address FISIESE ADRES:
Zeezicht-gebou, Tygerberg Park, 
Uys Krige-rylaan 163, Plattekloof, 
Kaapstad, 7500, Suid-Afrika
  POSADRES: 
Posbus 15785, Panorama, 7506, Suid-Afrika

Jongste Tweets

FWdeKlerkFoun [READ] Latest article by Theuns Eloff "#Nkandla revisited - if the President approved a contractor, did he know?"… https://t.co/F9KYNUqkML
FWdeKlerkFoun [READ] Latest article by #CUD Director, Ms Zohra Dawood "SASSA’s woes set to escalate yet again"… https://t.co/kuw9ZK1UeD

Teken in op ons Nuusbrief

Newsletter

Bly op hoogte van ontwikkelinge wat die Grondwet kan affekteer, met inbegrip van konsepwetgewing.