linked inyoutube

facebookicon-twitter-32x32

 

ARTIKEL: SASSA-KONFRONTASIE BEDREIG HARTE EN SAKKE VAN DIE ARMES

SABreakingnewsSASSA optMinister van Maatskaplike Ontwikkeling, Bathabile Dlamini, het deur woorde en versuim om op te tree, haar minagtiging van die Konstitusionele Hof se bevinding wat SASSA se kontrak met Cash Paymaster Services (CPS) ongeldig verklaar het, duidelik gemaak. Sy het voorts ook nie ag geslaan op die advies van die Minister van Finansies in sy brief op 1 Februarie 2017, waarin hy regstellende stappe aangebied het ten einde te verseker dat byna 17 miljoen mense hul maatskaplike toelae op 1 April 2017 sal ontvang nie.

Die hoogmoedige reaksie van die Minister van Maatskaplike Ontwikkeling aan die Tesourie, gedateer 8 Februarie, het verklaar dat haar Departement in beheer van die betaling van toelae is en dat skakelings met die Tesourie as deel van ‘n gesamentlike tegniese span nie ten doel gehad het om die toekoms van maatskaplike toelae uiteen te sit nie, maar bloot om beskikbare opsies te evalueer. ‘n Eenvoudige begrip van die brief van die Tesourie wys daarop dat dit presies is wat voorgestel is. Daarbenewens het die Tesourie, as die bestuurder van die land se bronne, die waarskuwing bygevoeg dat die handhawing van die status quo die regering aan regstappe sal blootstel. Hierdie gewigtige saak blyk nie die Minister te pla nie.

Die Tesourie se voorstel aan Dlamini om banke en die Suid-Afrikaanse Poskantoor in staat te stel om die verspreiding van toelae te fasiliteer vanaf 1 April moet, alhoewel dit nie perfek is nie, geweeg word teen ‘n direkte en selfs aggressiewe poging deur die Minister om die Oppergesag van die Reg die ondermyn en strydig met ‘n bevinding deur die hoogste hof in die land op te tree deur ‘n winsgewende kontrak met CPS voort te sit. Volgens ‘n berig in Business Day op 17 Februarie het CPS ‘n vaste inkomste oor vyf jaar met SASSA onderhandel. ‘n Verdere uitstel sal ‘n ekstra 10% vir CPS beteken, wat alles uit die staatsbeursie kom.  

Alhoewel Minister Dlamini se woordvoerder sê dat die Minister nog die inhoud van die Tesourie se brief moet bestudeer, blyk dit of die Minister haar besluit geneem het. Sy het gesê dat banke slegs deur winste aangedryf word, wat bekom word deur nuwe bankrekeninge oop te maak en transaksiefooie. Hierdie uitlating is stryding met neigings beide in Suid-Afrika en wêreldwyd om die armes en diegene sonder bankrekeninge aan te moedig om die finansiële stelsel te betree as ‘n manier om te spaar, elektroniese platforms te gebruik - met inbegrip van selfoonbankdienste - en om maklik en doeltreffend transaksies uit te voer. Feitlik elkeen van die groot banke bied skemas aan wat bankdienste vir die onderpunt van die finansiële mark vereenvoudig.

Die gebrek aan visie en toewyding met betrekking tot die inwerkingstelling van ‘n bevel deur die Konstitusionele Hof oor ‘n tydperk van twee jaar, het vrae geopper oor wat agter die Minister se koppigheid sit. Desnieteenstaande die politiek van interministeriële spanning, moet die Oppergesag van die Reg en ‘n verbintenis tot die uitvoering van geregtigheid op 31 Maart 2017 voorkeur geniet.

Die lewens van byna 17 miljoen van Suid-Afrika se armstes en kwesbares kan nie lei onder die grille en giere van ‘n Minister wat onbekwaam bevind is nie.        

Deur Zohra Dawood: Direkteur, Sentrum vir Grondwetlike Regte

Foto: www.sabreakingnews.365.co.za

Kontak Ons

phone

FOON: +27 (0) 21 930 36 22
FAKS: +27 (0) 21 930 38 98

email E-POS: 
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
address FISIESE ADRES:
Zeezicht-gebou, Tygerberg Park, 
Uys Krige-rylaan 163, Plattekloof, 
Kaapstad, 7500, Suid-Afrika
  POSADRES: 
Posbus 15785, Panorama, 7506, Suid-Afrika

Jongste Tweets

FWdeKlerkFoun [READ] Latest article by #CUD Director, Zohra Dawood "When Courts intervene to save the poor"… https://t.co/wROtvhRgml
13hreplyretweetfavorite
FWdeKlerkFoun Thank you to our speaker, Prof Andries du Toit of @PLAASuwc and our partner #KAS #poverty #inequality #CUD #KAS Rou… https://t.co/c67MfBDdVc

Teken in op ons Nuusbrief

Newsletter

Bly op hoogte van ontwikkelinge wat die Grondwet kan affekteer, met inbegrip van konsepwetgewing.