linked inyoutube

facebookicon-twitter-32x32

 

Mediaskakelpersone

Dr Theuns Eloff

theuns eloffUitvoerende Direkteur, FW de Klerk Stigting

Dr Eloff is in 1955 in Potchefstroom gebore en het ‘n Meestersgraad in Teologie aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys behaal. Hy het vir ses jaar as dominee in die Gereformeerde Kerk in Brooklyn, Pretoria gedien, en het tydens hierdie tydperk sy doktorsgraad in Teologie behaal.

Na afloop van sy deelname aan ‘n vergadering met verteenwoordigers van die ANC in Dakar in 1987, het hy die bediening verlaat en by die Consultative Business Movement (CBM) aangesluit. Ná sy aanstelling as Uitvoerende Direkteur van die CBM in 1990, was hy betrokke by die proses wat gelei het tot die Nasionale Vredeskonvensie en die Nasionale Vredesverdrag in September, 1991. Hy het later gedien as die hoof van die proses- en sekretariële dienste van die konvensie vir 'n demokratiese Suid-Afrika (KODESA) en het gevolglik waargeneem as Hoof van die Administrasie van die Veelparty-onderhandelingsproses. In die aanloop tot die eerste nie-rassige nasionale verkiesings in April 1994 is dr Eloff gesekondeer om as Adjunk Uitvoerende Direkteur op die Uitvoerende Oorgangsraad te dien. In Februarie 1995 is hy aangestel as Hoof Uitvoerende Beampte van die Nasionale Besigheidsinisiatief vir Groei, Ontwikkeling en Demokrasie. Op 1 Januarie 2002 is dr Eloff aangestel as Visekanselier en Rektor van sy voormalige universiteit, die Potchefstroomse Universiteit vir CHO. Toe die universiteit saamgesmelt het met die Universiteit van die Noordwes in Mafeking in 2004 om die Noordwes-universiteit te vorm, het dr Eloff die nuwe universiteit se eerste Visekanselier en Rektor geword. Hy het in dié amp gedien tot 2015. Dr Eloff is in 2016 aangestel as die uitvoerende direkteur van die FW de Klerk Stigting.

Kundige op die gebied van:

  • Huidige uitdagings:
    Onderwys, werkloosheid, ongelykheid


Phephelaphi Dube

PD DIRECTORDirekteur, Sentrum vir Grondwetlike Regte

Me Dube het ’n LL.B-graad aan die Universiteit van Fort Hare behaal, ’n LL.M-graad aan die Universiteit van Stellenbosch, sowel as ’n diploma in Europese Studies aan die Universiteit van Wene. Sy het haar leerkontrak in 2006 by die Rhodes-universiteit se regshulpkliniek voltooi en internasionale ervaring opgedoen as klerk vir die Adjunkpresident van die Internasionale Kriminele Hof. Met haar terugkeer na Suid-Afrika in 2007 het me Dube ‘n assistentskap in navorsing van twee jaar aan die Universiteit van Stellenbosch se Suid-Afrikaanse Navorsingsleerstoel in Sakereg voltooi. In dieselfde tydperk het sy ook navorsing in eiendomsreg aan die Universiteit van Kent in Canterbury gedoen.  

Voordat sy in Januarie 2014 by die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) aangesluit het, het me Dube ‘n navorsingsgenootskap beklee aan die Ludwig Boltzman Instituut vir Menseregte aan die Universiteit van Wene. 

Kundige op die gebied van:

  • Algemene grondwetlike aangeleenthede, met spesifieke fokus op eiendomsregte, menseregte en internasionale reg

icon-statementsIndien jy ’n woordvoerder van die FW de Klerk Stigting wil nooi om by jou geleentheid te praat, vul asb ons ‘versoek ’n spreker’-vorm in.

 

 

Kontak Ons

phone

FOON: +27 (0) 21 930 36 22
FAKS: +27 (0) 21 930 38 98

email E-POS: 
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
address FISIESE ADRES:
Zeezicht-gebou, Tygerberg Park, 
Uys Krige-rylaan 163, Plattekloof, 
Kaapstad, 7500, Suid-Afrika
  POSADRES: 
Posbus 15785, Panorama, 7506, Suid-Afrika

Jongste Tweets

FWdeKlerkFoun [READ] Latest article "Over to you, Deputy President… Or Resistance and Capture in SA Politics"… https://t.co/b2F7WSXp95
FWdeKlerkFoun RT @theCFCR: What is there to celebrate for the continent, this #AfricaDay2017? [READ] our take: https://t.co/Qoh3EUMtP1

Teken in op ons Nuusbrief

Newsletter

Bly op hoogte van ontwikkelinge wat die Grondwet kan affekteer, met inbegrip van konsepwetgewing.