The Quantum Leap – FW de Klerk se toespraak aan die Parlement op 2 Februarie 1990



Op 2 Februarie 1990 het president FW de Klerk ‘n toespraak gelewer gedurende die opening van die 1990 sitting van die Suid-Afrikaanse Parlement.

Hy het verreikende hervormings aangekondig wat die begin was van die onderhandelde oorgang vanaf apartheid na grondwetlike demokrasie. Die hervormings het ingelsuit die ontbanning van die Afrika Nasionale Kongres (ANC), die Pan-Afrikanistiese Kongres (PAC), die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) en ander teen-apartheid organisasies, die vrylating van politieke gevangenes -insluitende Nelson Mandela- asook die einde van die noodtoestand en ‘n moratorium op die doodsvonnis.

FW de Klerk se optrede en toespraak was die amptelike einde vir die beleid van segregasie en die amptelike begin van die onderhandelinge wat gelei het na ‘n grondwetlike demokrasie met gelyke regte vir alle Suid-Afrikaners.

http://www.deklerkthefilm.com/
http://barakaproductions.com/

Ons Missie

FWDK Mandela handsDie FW de Klerk Stigting bevorder en beskerm FW de Klerk se presidensiële nalatenskap deur dít waarvoor hy gewerk het tydens sy presidensie, te steun.
Die Stigting steun en bevorder die Grondwet, die Handves van Regte en die oppergesag van die reg deur die aktiwiteite van die Sentrum vir Grondwetlike Regte en bevorder eenheid in diversiteit deur te streef na goeie intergemeenskaplike verhoudinge en nasionale eenheid.
Die Stigting ondersteun ook liefdadigheidsorganisasies wat omsien na gestremde en benadeelde kinders, en verstrek inligting oor FW de Klerk se presidensie en die faktore wat gelei het tot Suid-Afrika se oorgang na ’n nie-rassige grondwetlike demokrasie. 

 

 

Kontak Ons

phone

FOON: +27 (0) 21 930 36 22
FAKS: +27 (0) 21 930 38 98

email E-POS: 
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
address FISIESE ADRES:
Zeezicht-gebou, Tygerberg Park, 
Uys Krige-rylaan 163, Plattekloof, 
Kaapstad, 7500, Suid-Afrika
  POSADRES: 
Posbus 15785, Panorama, 7506, Suid-Afrika

Teken in op ons Nuusbrief

Newsletter

Bly op hoogte van ontwikkelinge wat die Grondwet kan affekteer, met inbegrip van konsepwetgewing.