linked inyoutube

facebookicon-twitter-32x32

 

Jongste Nuus

Die FW de Klerk Stigting skryf gereeld artikels oor tersaaklike aangeleenthede, ondersteun taal- en kultuurregte en neem deel aan die nasionale debat oor rasse- en kultuuraangeleenthede. Die Stigting bevorder ook kommunikasie deur konferensies en werkswinkels aan te bied.

ConCourt interior

Die stof het al bietjie gaan lê oor die Konstitusionele Hof (KH) se uitspraak in die Gelyke Kanse saak oor die Universiteit van Stellenbosch (US) se taalbeleid (lees die volledige analise van die saak hier). Die implikasies van hierdie uitspraak is vir die US en die Potchefstroomkampus van die Noordwes Universiteit (NWU); en miskien die belangrikste van almal vir Afrikaans as onderrigtaal in openbare skole.

foter sa flags celebrate

Op 10 Oktober 2019 lewer die Konstitusionele Hof (KH) uitspraak in die saak waarin Gelyke Kanse (GK) aansoek doen dat die 2016-taalbeleid van die Universiteit van Stellenbosch (US) ter syde gestel word omdat dit ongrondwetlik is. GK se aansoek was in wese ‘n appél teen die Wes-Kaapse Hoogeregshof se vroeëre uitspraak, en ‘n versoek om die Appélhof verby te gaan en direk na die KH te kom. Dit is toegestaan.

Die oorhoofse uitspraak - waarmee al tien die regters saamgestem het - is geskryf deur regter Edwin Cameron (wat onlangs as nuwe kanselier van die US aangestel is). Daar is ook twee bykomende uitsprake, een deur hoofregter Mogoeng Mogoeng en die ander deur regter Johan Froneman, waarin bykomende perspektiewe gegee word.

foter sa flags celebrate

Daar is min kwessies wat so gereeld in gesprekke ter sprake kom as die sukses (al dan nie) van President Cyril Ramaphosa - selfs in hierdie tyd van die Wêreldrugbybeker. Almal (behalwe die Zuptas en die EFF) wil hê dat hy slaag en glo dat hy wil slaag. Maar twyfel vreet aan hierdie vertroue elke keer as daar iets negatief in die land gebeur: vanaf nòg ‘n staatsonderneming wat ‘n reddingsboei wil hê, tot ‘n geval van die verkragting van en moord op ‘n student deur ‘n staatsdienswerker. En die terugkerende refrein is dat as Cyril nie gou slaag nie, sal daar nie ‘n ekonomie en ‘n land oor wees nie. William Saunderson-Meyer het onlangs selfs in ‘n artikel die vraag gevra of Cyril die Tier genoem gaan word of bloot die Gestewelde Kat(jie)?

foter sa flags celebrate

Dit is vandag Erfenisdag. Hierdie dag is ná die 1994 onderhandelde skikking op die kalender geplaas. Die viering daarvan verskil van Suid-Afrikaner tot Suid-Afrikaner, maar President Nelson Mandela het by die eerste viering van Erfenisdag in 1995 gesê dat dit ingestel is omdat die regering besef het dat “ons ryk en gevarieerde kulturele erfnis diepgaande krag het om ons te help om ons nuwe nasie te bou”. Erfenisdag is dus nie net bedoel om verskiedenheid te vier nie, maar ook om eenheid te help bou. 

Dit is interessant dat 24 September aanvanklik nie op die lys van openbare vakansiedae was toe die Wetsontwerp op Openbare Vakansiedae in 1995 in die Parlement gedien het nie. Die Inkatha Vryheidsparty het daarop aangedring dat diè dag, waarop die Zoeloenasie tradisioneel Shakadag gevier het (vir dié Zoeloekoning se vesoenende rol tussen die verskillende Zoeloestamme), by die lys van openbare vakansiedae gevoeg moet word. Die kompromie wat aanvaar is, is dat die dag Erfenisdag genoem sou word - en vir alle Suid-Afrikaners en nie net vir Zoeloes sal geld nie.

Die Sentrum vir Ontwikkeling en Onderneming (CDE) , het op 28 Augustus  ‘n verslag uitgereik met die naam “Running out of Road: South Africa’s public finances and what is to be done”. Hulle gevolgtrekking is dat as Suid-Afrika nie sy fiskale krisis oorkom nie, daar geen versnelde ekonomiese groei sal wees nie. Die teenoorgestelde is egter ook waar: as ons groei nie aan die gang kom nie, sal ons nie die fiskale krisis kan baasraak nie. Suid-Afrika het ‘n onversetlike groeistrategie nodig, wat streng toegepas moet word. CDE-hoof Ann Bernstein waarsku dat dit nie lyk asof die regering en die regerende party ten volle besef hoe diepgaande die vereiste veranderings is nie, en hoe baie leierskap dit van die President sal vat om dit reg te kry nie. 

ARMY opt

Daar is niks verkeerd met gesondheidskemas in die eerste wêreld as jy 'n eerste wêreld land is nie.  Ongelukkig is Suid-Afrika nie 'n eerstewêreldland nie en het eenvoudig nie die hulpbronne of mannekrag om die ambisieuse doelstellings van die ANC se voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) -skema te bereik nie.

Soos dit tans staan, het die NGV die potensiaal om meer verwoesting te veroorsaak as selfs die haglike vooruitsig van onteiening sonder vergoeding. As dit geïmplementeer word soos dit in die vooruitsig gestel word, sal dit 'n direkte impak hê op die beleefde ervaring van Suid-Afrika se veelrassige middelklas, miljoene Suid-Afrikaners wat reeds 'n swaar belastinglas dra. As ouers met siek kinders weke lank moet wag vir mediese afsprake - en nog 'n paar weke om spesialiste te besoek - sal die frustrasie en woede hul lewens oorheers. En om die dinge te vererger, sal die NGV nie 'n verskil maak aan die tans gebroke openbare gesondheidstelsel nie.

ARMY opt

Die onverkwiklike saga rondom die CR17 presidensiële veldtog se befondsing is steeds in volle swang. Vir gewone Suid-Afrikaners is dit duidelik dat die Openbare Beskermer (OB) haar mes in het vir President Ramaphosa en van sy ondersteuners, veral Pravin Gordhan en Derek Hanekom. En die gelekte inligting oor die donateurs en ontvangers van sommige van hierdie fondse laat ‘n hele klompie vrae ontstaan.

ARMY opt

Die verslag van die Presidensiële Adviespaneel oor Grondhervorming en Landbou is op 4 Mei 2019 aan president Ramaphosa oorhandig en in Julie aan die publiek beskikbaar gemaak. Reeds voor hierdie datum het twee paneellede - Dan Kriek (president van AgriSA) en Nick Serfontein (bekende boer) - besluit om ‘n  minderheidsverslag aan die president te oorhandig. Dit is nádie hoofverslag aan die publiek bekendgestel. 

Wat is die kernverskille tussen die hoofverslag en die minderheidsverslag? Hoekom het hierdie twee gesiene paneellede dit nodig gevind om ‘n minderheidsverslag op te stel?  Die verskille kan in drie groepe saamgevat word: proseskwessies, styl en ideologiese kwessies en inhoudelike kwessies.

Kontak Ons

phone

FOON: +27 (0) 21 930 36 22
FAKS: +27 (0) 21 930 38 98

email E-POS: 
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
address FISIESE ADRES:
Zeezicht-gebou, Tygerberg Park, 
Uys Krige-rylaan 163, Plattekloof, 
Kaapstad, 7500, Suid-Afrika
  POSADRES: 
Posbus 15785, Panorama, 7506, Suid-Afrika

Teken in op ons Nuusbrief

Newsletter

Bly op hoogte van ontwikkelinge wat die Grondwet kan affekteer, met inbegrip van konsepwetgewing.