VERKLARING DEUR FW DE KLERK

parliament sml

Ek het kennis geneem van die heftige reaksie op ons reaksie op die EFF se aanval op my tydens Donderdagaand se Staatsrede.

Ek stem saam met die Desmond en Leah Tutu-stigting dat dit nie die tyd is om te kibbel oor die grade van onaanvaarbaarheid van apartheid nie. Dit was totaal onaanvaarbaar.

Die FW de Klerk Stigting het gevolglik besluit om sy verklaring van 14 Februarie onvoorwaardelik terug te trek en om verskoning te vra vir die verwarring, woede en seer wat dit veroorsaak het.

Teen 27 April 1994, onder my leiding, is die hele wetgewende raamwerk van apartheid ontbind en is die weg gebaan vir die aanvaarding van ons huidige nie-rassige demokratiese Grondwet.

Die internasionale misdaad van apartheid het egter nie verdwyn met die ondergang van apartheid in Suid-Afrika nie. In 1998 is dit opgeneem in die Statuut van Rome, wat die Internasionale Strafhof daargestel het. Kragtens artikel 7(1) word 'n 'misdaad teen die mensdom' omskryf as dade wat “... gepleeg word as deel van 'n wydverspreide of stelselmatige aanval op enige burgerbevolking, met kennis van die aanval.”

Dit sluit 'die misdaad van apartheid' in as 'n misdaad teen die mensdom en omskryf dit as “onmenslike dade ... gepleeg in die konteks van 'n institusionele regime van sistematiese onderdrukking en oorheersing deur een rassegroep oor enige ander rassegroep of -groepe en gepleeg met die bedoeling om daardie regime te handhaaf. ”

Die FW de Klerk Stigting ondersteun hierdie bepaling. Dit kan ook gesien word as die wetgewende uitdrukking van Nelson Mandela se verklaring tydens sy intreerede dat “nooit, nooit en nooit weer sal dit wees dat hierdie pragtige land weer die onderdrukking van een deur 'n ander sal beleef nie.”

Die FW de Klerk Stigting bly diep toegewyd tot nasionale versoening en die bereiking van die grondliggende waardes waarop die Grondwet gebaseer is - insluitend menswaardigheid, die bereiking van gelykheid, die bevordering van menseregte en vryhede; nie-rassigheid en nie-seksisme, die oppergesag van die Grondwet en die oppergesag van die reg en 'n egte veelpartystelsel van demokratiese regeringsbestuur.

Uitgereik deur die FW de Klerk Stigting
17 Februarie 2020

 

Kontak Ons

phone

FOON: +27 (0) 21 930 36 22
FAKS: +27 (0) 21 930 38 98

email E-POS: 
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
address FISIESE ADRES:
Zeezicht-gebou, Tygerberg Park, 
Uys Krige-rylaan 163, Plattekloof, 
Kaapstad, 7500, Suid-Afrika
  POSADRES: 
Posbus 15785, Panorama, 7506, Suid-Afrika

Teken in op ons Nuusbrief

Newsletter

Bly op hoogte van ontwikkelinge wat die Grondwet kan affekteer, met inbegrip van konsepwetgewing.