Mediaskakelpersone

Mnr Dave Steward

theuns eloffVoorsitter, FW de Klerk Stigting Raad 

David Whitefoord Steward is op 23 Mei 1945 in Nairobi, Kenia, gebore. Hy is opgelei in Kanada, St John's School, Leatherhead in die Verenigde Koninkryk en aan die universiteit van Stellenbosch in Suid-Afrika. Steward tree in Desember 1966 in die Suid-Afrikaanse Buitelandse Diens op en dien in Canberra (1968 - 1971): Ottawa as adjunkhoof van sending (1976 - 1978) en by die Verenigde Nasies in New York, adjunk-permanente verteenwoordiger (1978 - 1980) en Ambassadeur (1981-82). Tussen 1983 en 1985 was hy verantwoordelik vir onderhandelinge oor die onafhanklikheid van Namibië binne die Departement van Buitelandse Sake.

Steward was van 1985 tot 1992 hoof van die Suid-Afrikaanse Kommunikasiediens. Hy was gedurende hierdie periode verantwoordelik vir die herposisionering van die SA Kommunikasiediens as 'n verskaffer van sentrale kommunikasiedienste aan die regering en om die organisasie te laat omskakel volgens sakebeginsels. In Augustus 1992 word hy aangestel as hoof regeringswoordvoerder in die kantoor van die President. Kort daarna, in November 1992, word hy aangestel as direkteur-generaal (stafhoof) in die kantoor van President FW de Klerk. Hy was in hierdie hoedanigheid en as sekretaris van die kabinet tot Mei 1994. Vanaf Mei 1994 tot Oktober 1996 was hy hoof van die kantoor van mnr De Klerk, terwyl die voormalige President as uitvoerende adjunkpresident in die regering van nasionale eenheid gedien het.

Steward het in Oktober 1996 uit die staatsdiens uitgetree en sy eie konsultasie gestig wat spesialiseer in openbare kommunikasie, in watter hoedanigheid hy opdragte vir 'n aantal kliënte uitgevoer het, waaronder die regering van die Provinsie Wes-Kaap. Sedert sy uittrede uit die staatsdiens het Steward voortgegaan om nou saam te werk met die voormalige President FW de Klerk. Hy was sedert 1990 sy toespraakskrywer en is mede-outeur van sy outobiografie “The Last Trek, a New Beginning” (Macmillan, 1999). Hy en die voormalige President het die FW de Klerk Stigting in Junie 1999 gestig en die Sentrum vir Grondwetlike Regte in 2006. Hy was tot 2016 die uitvoerende direkteur van die stigting. Hy is tans Voorsitter van die Raad van die FW de Klerk Stigting.


Dr Theuns Eloff

theuns eloffVoorsitter, FW de Klerk Stigting Raad van Adviseurs

Dr Eloff is in 1955 in Potchefstroom gebore en het ‘n Meestersgraad in Teologie aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys behaal. Hy het vir ses jaar as dominee in die Gereformeerde Kerk in Brooklyn, Pretoria gedien, en het tydens hierdie tydperk sy doktorsgraad in Teologie behaal.

Na afloop van sy deelname aan ‘n vergadering met verteenwoordigers van die ANC in Dakar in 1987, het hy die bediening verlaat en by die Consultative Business Movement (CBM) aangesluit. Ná sy aanstelling as Uitvoerende Direkteur van die CBM in 1990, was hy betrokke by die proses wat gelei het tot die Nasionale Vredeskonvensie en die Nasionale Vredesverdrag in September, 1991. Hy het later gedien as die hoof van die proses- en sekretariële dienste van die konvensie vir 'n demokratiese Suid-Afrika (KODESA) en het gevolglik waargeneem as Hoof van die Administrasie van die Veelparty-onderhandelingsproses. In die aanloop tot die eerste nie-rassige nasionale verkiesings in April 1994 is dr Eloff gesekondeer om as Adjunk Uitvoerende Direkteur op die Uitvoerende Oorgangsraad te dien. In Februarie 1995 is hy aangestel as Hoof Uitvoerende Beampte van die Nasionale Besigheidsinisiatief vir Groei, Ontwikkeling en Demokrasie. Op 1 Januarie 2002 is dr Eloff aangestel as Visekanselier en Rektor van sy voormalige universiteit, die Potchefstroomse Universiteit vir CHO. Toe die universiteit saamgesmelt het met die Universiteit van die Noordwes in Mafeking in 2004 om die Noordwes-universiteit te vorm, het dr Eloff die nuwe universiteit se eerste Visekanselier en Rektor geword. Hy het in dié amp gedien tot 2015.

Dr Eloff as aangestel as die Uitvoerende Direkteur van die FW de Klerk Stigting in 2016 en het in hierdie rol tot einde Mei 2019 voortgesit. Hy is vanaf 1 Junie 2019 as Voorsitter van die Stigting se Raad van Adviseurs aangestel.

 


icon-statementsIndien jy ’n woordvoerder van die FW de Klerk Stigting wil nooi om by jou geleentheid te praat, vul asb ons ‘versoek ’n spreker’-vorm in.

 

 

Kontak Ons

phone

FOON: +27 (0) 21 930 36 22
FAKS: +27 (0) 21 930 38 98

email E-POS: 
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
address FISIESE ADRES:
Zeezicht-gebou, Tygerberg Park, 
Uys Krige-rylaan 163, Plattekloof, 
Kaapstad, 7500, Suid-Afrika
  POSADRES: 
Posbus 15785, Panorama, 7506, Suid-Afrika

Teken in op ons Nuusbrief

Newsletter

Bly op hoogte van ontwikkelinge wat die Grondwet kan affekteer, met inbegrip van konsepwetgewing.